MINT ROMANY CREAM EN VLA POEDING
Mint Roamny cream koekies
1 houer vla
Neem soveel ramekin bakkies as wat jou gaste is.
Sny die Mint romany cream koekies middel deur sodat jy die sjokolade kante oop het. Pak die bakkies redelik vol met die halwe koekies ek het so 5 halwes per bakkie ingesit. Gooi nou gekoopte (of selfgemaak) vla lekker dik oor en roer bietjie laat dit tussen die koekies inloop. Sit al die bakkies in die mikrogolf en sit op hoog vir 2 min of langer, en nou moet dop hou, dit hang af hoeveel bakkies jy het vir hoe lank jy dit inhou, sodra die vla begin kook in die bakkies, haal uit en sit onder die rooster van jou oond, oond rak op sy hoogste en hou dop dat dit net mooi kleur bo-op. sit oond af, laat sak die rak en laat staan in die oond tot jy dit gaan bedien. Gooi gerasperde koekies of pepermint crips oor en ‘n vars kruiement blaartjie en Voila…..
FOTO EN RESEP: Rina Kleinhans