MARIETJIE SE VISKOEKIES MET TUNA

MARIETJIE SE VISKOEKIES MET TUNA
1 blikkie tuna
1 eier
1 gerasperde medium ui
1 sag gekookte aartappel (med) fyngedruk
pietersielie
sout
Bietjie kaas opsioneel

Meng alles tesame, maak koekies (druk effens plat) en hou in yskas vir so 30min. Bak in medium warm (genoeg) olie en dreineer op kombuispapier. (moenie die aartappel met melk of water meng nie).
Sou jy 3 blikkies gebruik sal ek voorstel gebruik net 2 eiers. Mengsel moenie te loperig wees nie. En olie nie aan die koue kant nie.
ENJOY (o amper vergeet – dreineer die tuna (met water) in sif en druk AL die water uit)
O ja, moenie koekies te gou omdraai nie – gee kans dat dit goed bak – draai om met eierspaan

Bron: Marietjie Le Roux
Foto:  Juanita Vermeulen