LEANDRE SE BOTTERSKORSIE SOP

LEANDRE SE BOTTERSKORSIE SOP

Ek het die vinnige/maklike resep gevolg:
1.5 – 2 kg botterskorsie
2 medium aartappels
3 hoenderaftreksel blokkies in 1.5 L water saam gekook

Voeg sout, peper, kaneel, neut muskaat, naeltjies, gemmer en kerrie masala = ½ teelepel van elk by.
Wanneer alles sag is, skep uit die vloeistof en maak fyn in die blender.
Meng weer met die vloeistof en voeg 250 ml volroom melk.
Heerlik!

FOTO EN RESEP:  Leandre Kotze