KORING- OF BRUINRYSTERT


KORING- OF BRUINRYSTERT
3 koppie gaar stampkoring / bruinrys.
4 blikkies tuna in water, gedreineer OF 400g gaar fyn hoender Of so 3 tot 4 Koppies fyngekerfde biltong.
1 gekapte ui, saggies gebraai met 1 teelepel knoffel.
1 pakkie droe soppoeier na smaak bv wit uiesop.
2 geklitsde eiers
2 koppie melk
1 koppie mayonnaise of ‘n mengsel van mayonnaise en gewone joghurt.
1 Sakkie hoenderafteksel konsentraat
Paar knypies rooipeper indien verkies.
1 koppie gerasperde Cheddar (ek gebruik minder om kilojoules te spaar

Spuit n groot tertbord met spray jou koek.
Meng die eerste drie bestanddele.
Meng die res van die bestandele behalwe die kaas tot goed gemeng en meng met die rys/koringmengsel. Giet in tertbord en sprinkel kaas oor. Bak 35 tot 40 min by 180°C tot deurgebak. Sit roosterelement aan vir so paar minute om kleur te kry.
Koel af en bedien met n bont slaai.
Bedien 6 tot 8 mense.
RESEP EN FOTO: Frikkie Jones