HOENDER SCHNITZELS MET BRUIN BASMATI RYS EN ROERBRAAI GROENTE




HOENDER SCHNITZELS MET BRUIN BASMATI RYS EN ROERBRAAI GROENTE
Slaan die hoender filette plat (koekroller met foelie omgedraai, wyn bottel, vleishammer, wat ookal jy gebruik). Drie houers met die volgende mengsels:
Druk eerste in koekmeel,
Druk dan in ongegeurde jogurtmengsel (ek gooi bietjie melk by om dit dunner te maak asook soos ¼ koppie suurlemoen sap – dit help om die hoendervleis sag te maak)
Druk laastens in ‘n mengsel van 3 koppies Corn Flakes wat fyn gemaak is en gemeng is met jou keuse van kruie en speserye (ek gebruik Robertsons se Portuguese hoender en Pietersielie) en 3 eetlepels mieliemeel. Dit gee ‘n lekker krakerige buitekant op die krummel laag wanneer dit gepanbraai word.
Sit in die yskas vir ten minste halfuur voordat jy die panbraai in vlak olie. Dit help dat die krummel laag nie afval sodra jy dit in die pan sit en ook die joghurt maak in daai tyd die vleis sagter.
Braai op medium hitte tot gaar.
Bruin basmati rys is in hoender ekstrak en pietersielie gaar gemaak omdat ek nie sous gemaak het nie.
RESEP EN FOTO’S: Elsabie Templeton
2DE FOTO: Ek het vanaand net in plaas van fyn graanvlokkies weer fyn droë broodkrummels gebruik. Ek het ook die hoender in dunner stukke gesny (elke filet in 3 stukke gesny en toe elk plat geslaan met plat kant van vleishammer). Die res van proses volgens die resep hier bo.

Hoender schnitzel repies met kaas, gepiekelde komkommer en slaai op pita helftes.
Foto: Elsabie Templeton