HEERLIKE MAKLIKE APPEL-PEER OF GEMENGDE VRUGTE TERT


HEERLIKE MAKLIKE APPEL-PEER OF GEMENGDE VRUGTE TERT
3 eetlepels margarien
1 koppie suiker
3 eiers
1 koppie koekmeel
5 ml bakpoeier
knippie sout
60 ml melk
5 ml vanilla
1 blikkie vrugte
Sous:
1 blikkie ideal melk
½ koppie margarien
1 koppie suiker
5 ml vanilla

Klits die margarien en suiker saam.
Klits die eiers een vir een by tot goed gemeng.
Sif daarby die koekmeel, bakpoeier en sout.
Meng goed en roer die melk en vanilla by.
Gooi in groot gesmeerde tertbak.
Rangskik die blikkie vrugte bo-op.
Bak 30 – 35 minute by 180°C of tot toetspen skoon uitkom.
Kook intussen die ideal melk, ha margarien,  suiker en vanilla saam.
Sodra tert uit oond kom, gooi warm stroop oor. Laat intrek en sit voor.

Resep geplaas deur Elaine Steyn Steyn
Foto:  Karen Janse van Rensburg
Hierdie poeding is ‘n appeltert maar ek het net nog ‘n blik vrugtekelkie oor gehad. Dit het uitstekend gewerk. Ek het myne 40 min gebak.