GIDEON SE OONDGEBAKTE SKAAPKOP


GIDEON SE OONDGEBAKTE SKAAPKOP
1 skoongemaakte skaapkop
1 groot aartappel, geskil en in blokke gesny
1 groot ui, in die middel deur gesny
sout en peper na smaak
Plaas die kop in ‘n groot kasserol saam met ‘n koppie water.
Bak dit dan in die oond vir 1 uur op 120°C en gooi die water af.
Plaas terug in kassserol saam met ‘n ¾ koppie water.
Geur met sout en peper en bak vir ‘n verdere 6 ure op 120°C.
Plaas dan die aartappels en uie rondom die kop en bak vir ‘n verdere uur.
Haal die deksel af en verbruin vir 20 min op 200°C.
Koel af en geniet.
Foto en resep: Gideon Louw