DONKER SJOKOLADEKOEK


DONKER SJOKOLADEKOEK
Foto en resep aangepas deur Debbie Edwards
FOOD LOVERS RECIPES
500 ml suiker
500 ml koekmeel
200 ml kakao
10 ml koeksoda
5 ml bakpoeier
5 ml sout
2 eiers
250 ml karringmelk
250 ml sterk swartkoffie, kamertemperatuur
125 ml sonneblom olie
5 ml vanilla geursel
5 ml karamel geursel (gebruik 10 ml vanilla geursel as jy nie karamel het nie)

Verhit oond tot 180°C.
Smeer 2 koekpanne (23 cm) met botter en besprinkle met meel.
Sif al die droë bestanddele saam in ‘n mengbak.
Voeg die res van die bestanddele by, en klits so 2 minute. Skraap die kante en bodem om seker te maak alles word saam gemeng. Die beslag is baie loperig!
Skep die beslag in die 2 panne en bak vir 35 – 40 minute totdat ‘n tandestokkie skoon uitkom.
Haal uit die oond en verkoel 10 minute in die panne. Keer uit op draad rakkies en verkoel heeltemal.

Versiersel
250 g botter, kamertemperatuur
5 x 250 ml versiersuiker
125 ml kakao
2.5 ml sout
10 ml vanilla geursel
± 100 – 125 ml sterk swartkoffie, kamertemperatuur

Sif die versiersuiker, kakao en sout saam.
Voeg die vanilla by die koffie.
Verroom die botter.
Voeg om die beurt so koppie van die suikermengsel en bietjie van die koffiemengsel by die botter en klits goed.
Hou bietjie van die koffie terug – wanneer al die suikermengsel bygevoeg is, kan jy nog koffie byvoeg as dit nog te dik is. Oppas vir te loperig!
Smeer versiersel tussen die koeklae, bo-op en aan die kante. Versier soos jy wil!