BOEREWORS MET PERSKES


BOEREWORS MET PERSKES
Foto: Maralize Van Winsen
FOOD LOVERS RECIPES
1 groot ui
1 kg boerewors
30 ml sonneblom olie
1 blik(410 g) perskeskywe
50 ml blatjang
5 ml sojasous
Skil en kerf die ui.
Braai wors en ui saam oor matige hitte in die olie tot gaar.
Dreineer die perskeskywe, behou die sap.
Versprei die perskes oor die wors.
Meng perskesap, blatjang en sojasous en giet bo-oor worsmengsel.
Prut vir so 20 minute of totdat ‘n lekker sous gevorm het.
Bedien saam rys, pasta of kapokaartappels.