AMANDA SE KERRIESULT

AMANDA SE KERRIESULT

-1 Beespoot, skoongemaak en gesaag
-800 gram bees skenkel
-2L Water – ongeveer (8k)
-9 Wonderpeper korrels (Pimento)
-10 ml Heel gebrande Koljander (2 teelepels)
-4 Naeltjies
-3 Lourierblare
-7 Swartpeper korrels
-3 medium uie, skoongemaak en in skywe gesny
-50ml medium Kerrie (Ek het mild en spicy gebruik)
-10ml borrie
-15ml sout
-30ml sagte bruin suiker
-10ml appelkoos konfyt
-375ml Bruin asyn

-Was die skenkels en skoongemaakte poot goed af.

-Verwyder enige oorblywende haartjies met ‘n skeermeslemmetjie.

-Plaas dit in ‘n swaarboom kastrol en bedek dit met die 2 liter water.

-Bind die wonderpeperkorrels, koljander, naeltjies, swartpeper korrels en Lourierblare toe in ń moeseliendoekie en sit dit saam in die kastrol.

-Kook totdat die vleis heeltemal sag is. (Myne het ek vir 7-8 ure lank gekook).Die beentjies moet letterlik uitval. Vul die water gedurig aan.

-Laat afkoel en verwyder die speserye sakkie.

-Verwyder al die beentjies en sny die vleis fyn. (Skep die vet wat bo-op dryf, af.) Hou die vloeistof waarin die vleis gekook het, eenkant.

-Terwyl jou vleis kook, braai uie in ń bietjie olie tot deurskynend maar nie gebraai nie.

-Voeg die Kerrie, borrie, bruin suiker, sout en apppelkooskonfyt by.

-Braai saam met uie vir so 5-7 minute.

-Voeg asyn bietjie vir bietjie by.

-Kook vir so 10 minute. Roer so nou en dan sodat dit nie aanbrand nie.

-Voeg nou jou kerriemengsel by jou vleis. Gooi van jou vloeistof wat jy eenkant gehou het by. Dit moet jou vleismengsel bedek.

-Kook saam so vir een uur.

-Indien jou vleismengsel tė styf is, voeg nog van jou vloeistof by.

-Laat effens afkoel en sit in jou vorms om tė stol.

Notas:
• Sult hou ongeveer twee weke lank goed in die yskas, en dit kan ook met sukses gevries word.
• Wanneer die vleismengsel afkoel sodat die vet bo-op afgeskep kan word, sal dit stol omdat pote so baie gelatien bevat. Te stywe sult is nie lekker nie.

NS: Ek het al met vark pote sult gemaak, dit was nie so heerlik soos die beespote nie!

Resep en foto: Amanda Conradie