ADRI SE “IRISH SODA BREAD”



ADRI SE “IRISH SODA BREAD”
Ek het die resep jare terug in n storie boek raakgelees en neer geskryf.
6 koppies meel
2 eetlepel suiker
1 1/2 teelepel sout
1/4 koppie botter, sag gemaak
1 teelepel koeksoda
1 eetlepel bakpoeier
2 koppies karringmelk
1 eier
Meng al die droë bestanddele in groterige bak
Krummel botter met vingers by
Meng die karingmelk en eier en meng by meel
Knie tot n sagte deeg, voeg meel by indien nodig
Maak 2 ronde brode en sny knepies bo op
Bak vir 40 min teen 190 ºC
Dit is gaar as dit hol klink as jy dit klop
Smeer met botter as uit die oond kom
Ek hou van myne met botter en konfyt op
Foto en resep: Adri Redlinghys
2de foto: Chantell Scheepers Mustoe