RISSIE EN HAM KROKETTE


RISSIE EN HAM KROKETTE
Hierdie is my eie Croquettes resep 🙂
My man glo my nie dat daar nie kaas in is nie, hehe.
2 eetlepels olyf olie en ekstra vir diepbraai
4 eetlepels ongesoute botter
3 eetlepels opgehoopte meel
1 ½ koppie melk – warm gemaak
3 groot Jalapeno rissies – ontpit en fyn gesnipper
80 g cooked ham – fyn gesnipper
knippie sout
2 eiers – geklits
± 200 g fyn brood krummels
Verhit 2 eetlepels olie en botter saam oor medium hitte.
Wanneer botter gesmelt is, voeg meel by en roer heeltyd om klonte te voorkom.
Voeg nou die warm melk stadig by en maak plaat se hitte bietjie warmer.
Kook en roer heeltyd tot lekker dik, so 10 min.
Voeg nou die fyn gesnipperde rissies, ham en sout by.
Kook so 1-2 min.
Sprei eweredig uit in oondvaste bak en laat afkoel voordat dit in die yskas gesit word.
Verkoel in yskas ten minste 2 ure maar verkieslik oornag.
Maak klein bolletjies en rol in brood krummels, doop dan in eier en weer in brood krummels.
Braai goudbruin in olie wat genoeg is om dit net-net te bedek.
Resep kan aangepas word na jou voorkeure.
RESEP EN FOTO: Â Frances Smith