PADDA IN N GAT

PADDA IN ‘N GAT
Oorsprong van resep-ONBEKEND
Ek maak dit al vir jare en het dit al afgewissel met varkworsies of frikkadelle.
Resep geplaas deur Petra Nel
FOOD LOVERS RECIPES
125 ml melk
175 ml water
2 eiers
4 ml sout
250 ml meel
1 sakkie Cheese & Bacon Aartappel gebak
500 g beeswors
1 sakkie Roast Meat Gravy, wat reeds voorberei is (of enige sous na eie smaak)

Klits melk, water, eiers en sout saam.
Voeg meel en Aartappel gebak by en meng goed tot ‘n gladde deeg.
Los die deeg om te rus terwyl jy die wors gaar maak.
Bak wors in die oond teen 180°C tot gaar ( ± 30 min)
Verhoog oondtemperatuur tot 200°C en smeer ‘n oondbak.
Gooi beslag in die bak en druk die wors in die beslag.
Bak vir 35 min tot gaar.
Sit voor met met groente of mengelslaai en Roast Meat Gravy (of sous na eie smaak).