MADELEIN SE GROOT ROOI FLUWEELKOEK


MADELEIN SE GROOT ROOI FLUWEELKOEK
2 koppies meel
1 teelepel bakpoeier
1 teelepel koeksoda
Halwe teelepel sout
2 eetlepel kakao poeier
1 en ‘n half koppies suiker
3/4 koppie olie
2 eiers
1 koppie karringmelk
2 teelepels vanilla geursel
Rooi voedsel kleursel (so rooi soos jy dit soek)
En dan die geheime bestandeel – 1/2 koppie aangemaakte warm koffie.
Preheat die oond op 180 ºC
Spuit pan en sit een kant
Meng al die droë bestanddele saam
Meng dan in ‘n ander bak die suiker en olie saam
Meng dan die eiers, karringmelk, vanilla en rooi kleursel ook saam die suiker mengsel
Meng die koffie daar by in en voeg dan die droë bestanddele mengsel bietjie vir bietjie in.
(dis ‘n dun deeg moet nie nog meel by voeg nie) gooi dan in die pan en bak dan vir 30 to 40 min. Tot toetspen skoon uit kom.
Vir versiersel het ek gewone botter versiersel aangemaak omtrent so 80 g-100 g botter geroom met versiersuiker en dan voeg ek ongeveer ‘n halwe blokkie roomkaas by, kan ook mascapone kaas gebruik werk baie lekker. Verskoon maar spelling hoop julle sal dit geniet
RESEP EN FOTO: Madelein Jacobs