KONFYT BLOKKIES


KONFYT BLOKKIES
500 ml koekmeel
25 ml suiker
1/4 koppie water
1 eier
125 g margarien
5 ml vanilla
1 1/2 teelepels bakpoeier
Appelkooskonfyt
Sif droë bestanddele saam en voeg suiker by.
Vryf margarien liggies in.
Klop eier en water saam en voeg by.
Meng tot stywe deeg.
Knie liggies en verdeel deeg in 2 porsies.
Druk 1 deel op gesmeerde bakplaat uit, met rand en smeer konfyt oor.
Genoeg konfyt om die rou deeg te bedek.
Rasper ander deel van deeg bo-oor.
Moet nie plat druk nie.
Stel oond op 180 ºC.(voor verhitte oond)
Bak 20 min tot ligbruin.
Sny in vierkante wanneer af gekoel het.
Foto: Poppie Naude
Mens kan ook hierdie vulsel in die plek van die konfyt gebruik
500 g vrugtekoekmengsel
1 koppie suiker
halwe koppie brandewyn
Koop saam vir 5 minute. Laat afkoel. Smeer oor deeg en rasper die res van die deeg bo-oor.