JENI SE 7 MINUTE MELKTERT


JENI SE 7 MINUTE MELKTERT
2 pakkies Moirs Heritage Range Milk Tart Instant Pudding
1 pakkie tennisbeskuitjies
1 koppie koue vars room
600 ml koue melk
kaneel
So 5 ml vanilla essence
Klits die room tot styf.
Gooi melk in aparte bak en gooi die poeding pakkies by.
Klits goed vir ‘n paar minute.
Gooi die geklopte room en vanilla by die poeding mengsel.
Klits weer goed deur tot lekker styf.
Pak nou biskuit in ‘n tert bak en skep die melktert mengsel bo-op en smeer mooi glad.
Sprinkel kaneel bo oor en voìla.
Sit in die yskas vir ‘n uur of 2 om verder te stol en geniet!
Bron en foto: Jeni Tait