HEERLIKE MURGPAMPOENTJIE EN SAMPIOEN GROENTE


HEERLIKE MURGPAMPOENTJIE EN SAMPIOEN GROENTE

My man is glad nie baie lief vir groente nie, hy eet dit maar is nie lief daarvoor nie. Vandag is hier groente gebore uit nood, en hy was mal daaroor, so ja ek sal dit beslis weer maak. Syne het die room oor gehad en myne was daarsonder, altwee is regtig lekker, die sampioene en murgpampoentjie saam kan ek aanbeveel. Die foto’s wys altwee geregte.
HEERLIKE MURGPAMPOENTJIE EN SAMPIOEN GROENTE
Halwe bakkie sampioene grof gesnipper
5-6 groterige murgpamoentjies in ringetjies gesny
5 spinasie blare gewas en fyn opgesny
50 ml songedroogte uie
50ml songedroogte tamaties
paar spriete “garlic chives” fyn gesny
2 eetl gekapte vars pietersielie
2 vingers vars knoffel fyn gekap (opsioneel)
100 ml vars room (opsioneel)
Italian herbs, Lemon & Rosemary van Ina Paarman, sout en varsgemaalde swart peper

Sit ‘n potjie water op die stoof en laat kook, sit die gesnyde murgpampoentjies in en kook vir so 5 min, haal uit en spoel af onder koue water, sit eenkant. Doen dieselfde met die spinasie, en hou eenkant. Dit is moeite, maar dit hou jou groente mooi groen.
In ‘n lekker groot pan braai jy die res van die bestanddele in bietjie olyf olie. Uitgesluit die room, spinasie en murgpampoentjies)
Sodra die sampioene begin sag word, gooi die murgpampoentjies en spinasie by. Roer deur, draai plaat bietjie stadiger en braai alles saam vir so 5-8 min. Dit moenie water maak nie dan is jou plaat te laag. Gooi die kruie, sout en peper by na smaak.
Indien verkies kan die room oorgegooi word en net weer lekker deur gekook word dat die room bietjie verdik, maar onthou dit verander die kleur van jou gereg.
N/S Dit is baie lekker met die room.. kan dit aanbeveel as jou diet dit toelaat
Bedien dadelik saam met oondgebraaide hoender en gebakte aartappels.
Resep: Rina Kleinhans
Foto:  Malinda Marjee Walker‎