GIDEON SE ROOI FLUWEEL VERJAARSDAG KOEK


GIDEON SE ROOI FLUWEEL VERJAARSDAG KOEK
Rina aan jou en al jou admins en die 90 000 lede wat vir Food Lovers Recipes so n suksesvolle blad maak wil ek gelukwens met jul vierde verjaarsdag dit is voorwaar die beste blad in die wereld en ek lief julle aaaalmal baaaie geluk en geniet jul partytjies elkeen op sy besonderse manier ek en vroulief dra die koek aan julle op
Dit is n rooi fluweelkoek en laat my aan juwele dink dit wat julle is
Koek
100 g botter
300 g suiker
30 g kakao
30 ml kookwater
250 g koekmeelblom
2 botteltjies 30 ml rooi voedselkleursel
250 ml karringmelk
5 ml vanielje geursel
5 mlkoeksoda
5 ml witasyn
5 ml sout
2 eiers

Versiersel
250 ml melk
45 g koekmeelblom
220 g suiker
230 g botter
5 ml vanielje geursel

Voorverhit die oond tot 180ºC
Verroom die suiker en botter saam tot lig en romerig
Voeg die eiers een vir een by en klits na elke byvoeging
Meng die kakao kookwater en voedsel kleursel om n stywe pasta te vorm en voeg dit by die botter mengsel en meng goed
Sif die koekneelblom en sout saam meng ook die karringmelk en vinielje geursel saam voeg om die beurtmet die droe bestandele by die botter mengsel
Meng laastens die koeksoda en asyn saam en voeg by die mengsel
Ek gebruik toe n grootplat voorbereide pan en skep die mengsel daarin en smeer gelyk
Bak in die voorverhitte oond vir 30min
En laat afkoel
Haal uit op n broodplank en sny in die vorm van n 4 en gebruik die afgesnyde dele om die letters F L R te bou
Voeg n bietjie van die warm melk by die meelpasta en meng goed voeg by die warm melk en kook oor lae hitte tot dik en gaar roer gedurig
Verroom die botter tot sag en voeg die vinielje geursel by en klits tot dit lyk soos styf geklopte room
Laat afkoel en smeer oor syfer en letters wat vooraf geplaas is op n voorbereide plaat met foelie oor versier met klein gekleurde lekkertjies
Gebruik pienk fizzers en skryf HAPPY BIRTHDAY

RESEP EN FOTO:  Gideon  en Rinie Louw