“GEEN BAK” JODETERT



“GEEN BAK” JODETERT
FOTO: Petro van Genderen
FOOD LOVERS RECIPES
1 blik kondensmelk
100 ml suurlemoensap (ek het minder gebruik)
1 pak Marie beskuitjies
500 ml dik, louwarm vlasous
125 ml room, styf geklits
Mend die kondensmelk en suurlemoensap.
Pak ‘n laag beskuitjies in ‘n tertbak en smeer ‘n laag vlasous oor.
Dan ‘n laag kondensmelk en weer ‘n laag beskuitjies.
Herhaal die lae en eindig met kondensmelk.
Versier dit met room en verkoel.