GEBAKTE CAMEMBERT MET VYE EN GEKAREMALISEERDE MACADEMIA NEUTE


GEBAKTE CAMEMBERT MET VYE EN GEKAREMALISEERDE MACADEMIA NEUTE
250 gram Camembert
6 groot vars vye
2 teelepels balsamiese asyn
4 teelepels heuning
½ koppie fyn suiker
½ koppie gesoute macademia neute
knippie sout
olyf olie en vars roosmaryn
Sny 4 vars vye amper heeltemaal deur en knyp onderaan die puntjie sodat hulle mooi oopmaak. Sit hulle op ‘n bakplaat met bietjie olyf olie op die bodem en sprinkle hulle.met 2 teelepels heuning en 2 teelepels balsamiese asyn. Bak vir 10 minute op 180 grade. Smelt die fyn suiker saam met die neute in ‘n kastrol op die stoof en skep uit op was papier en strooi bietjie vars gemaalde see sout oor en laat droog. Sny so 6 klein takkies (die puntjies) roosmaryn en druk dit in die kaas. Sit die kaas op dieselfde bakplaat lanks die vye. As jy die kaas koop in ‘n hout houer, los dit daarin en bak dit net so in die houer. Ek het myne gebak sonder houer en het ook mooi uitgekom maar die hout houer maak dat dit nie te pap uit mekaar uit sak nie. Steek die roosmaryn takkies in die kaas en sit die laatste 2 teelepels heuning bo-oor die kaas en bak lanks die vye op dieselfde plaat vir so 15 minute. Haal dadelik uit die oond en sit die gebakte vye bo-oor die kaas en sit die neute bo-oor. Bedien met 2 vars vye en stokbrood. Lekker eet!
Bron: Claudia Coetzee
Foto: Claudia Coetzee