DUIFIE SE BOERE BESKUIT


DUIFIE SE BOERE BESKUIT
Resep en foto:  Duifie Miller
FOOD LOVERS RECIPES
5 kg koekmeel
5 pakkies kits suurdeeg
500 g sagte margarien
40 ml sout
500 ml suiker
1 blik kondensmelk
± 3 liter lou water

Meng al die droë bestanddele saam. Voeg kondensmelk en margarien by. Voeg lou water bietjie bietjies by droë bestanddele.
Knie tot deeg elasties is en laat rys dubbeld die grootte. Knie af, maak bolletjies en sit in broodpanne.
Laat weer rys en sit in vooraf verhitte oond van 180°C. Bak vir ‘n uur, haal uit, keer uit en laat afkoel.
Breek beskuit los en droog in oond van 70°C met deur effens oop tot mooi droog.