COURGETTE MET ROOM


COURGETTE MET ROOM
Van Meksikaanse oorsprong. Het ‘n lieflike eksotiese smaak. Kan lank voor die tyd gemaak word. Selfs beter om dit die volgende dag te verhit.
750 g courgettes, in blokkies gesny
350 g tamaties, in blokkies gesny
6 peperkorrels
4 takkies vars koljander, gesnipper
2 takkies mint
1 cm stuk kaneelstokkie
4 heel naeltjies
2 klein groen rissies
125 ml room
sout na smaak
Voeg al die bestanddele in ‘n pot met ‘n deksel wat styf pas. Kook oor ‘n lae hitte vir 30 minute (of langer indien nodig) tot die murgpampoentjies sag is en al die room/sous geabsorbeer het. Rooer gereeld.
As dit te vinnig droog kook kan nog ‘n bietjie water bygevoeg word.
Die rissies moet verkieslik heel bly en slegs die dis geur aangesien dit nie ‘n dis is wat moet brand nie.
Bron: The Good Cook/Techniques and Recipes (Vegetables) en vertaal deur Wayne Dugmore.
Foto: Wayne Dugmore