CECIL SE KAASWORS PANNEKOEKE


CECIL SE KAASWORS PANNEKOEKE
Resep en foto: Cecil Dunhin
FOOD LOVERS RECIPES
Wors van keuse klaar gaargemaak, soveel porsies soos verkies. Sny in lengtes wat in jou bak sal pas. Bak die pannekoek klaar, genoeg om in jou bak te pas soos die foto wys. Maak jou witsous klaar, genoeg vir 2 lekker dik lae.
Rasper genoeg kaas
Pannekoek deeg:
2 koppies koekmeel
2 koppies melk
2 koppies water
2 eiers
1 teelepel sout
2 eetlepels olie
Meng alles saam tot ‘n gladde deeg, laat rus 5 min en bak in warm pan.

Witsous:
3 eetlepels botter
500 ml melk
3 eetlepels maizena
sout na smaak

Smelt botter en maak maizena aan met bietjie van die melk tot glad en meng res van melk by.  Meng melkmengsels in by gesmelte botter.  Sit in die mikrogolf vir kort rukkies terwyl jy baie gereeld roer, tot glad en gaar. OF maak op die stoof in potjie teen lae hitte.  Sodra gaar, sit sout in na smaak.
Wanneer jy die witsous, pannekoek en wors alles gereed het, neem ‘n oondbak en sit ‘n lekker dik laag witsous onder in die bak.
Sit pannekoek plat neer en sit ‘n stuk wors en genoeg gerasperde kaas bo-op en rol op.
Pak opgerolde pannekoeke bo-op die witsous laag in die bak soos op die foto.
Sit nou weer ‘n laag witsous oor die opgerolde pannekoeke en gooi ‘n lekker dik laag kaas bo-oor.
Bak in die oond by 180°C tot deur warm en die kaas lekker gesmelt.