BRISKET BOONTJIE BREDIE


BRISKET BOONTJIE BREDIE
My eie aangepaste resep en foto: Petra Nel
FOOD LOVERS RECIPES
Hier is my (BBB) In prutpot
1½ kg of 6-7 Groterige ‘steaks’ x Brisket met ‘n vetjie en in helfte gesny. (Nie blokkies nie)
4 groot uie opgekap
2 fyngemaakte knoffelhuisies
2 opgekapte tamaties
½ – ¾ opgekapte rooi soetrissie
1 kg gekerfde groenboontjies
1 koppie OBS
2 houertjies ”home style beef stock” opgelos in ½ koppie warm water
4 medium grootte aartappels, in halwes gesny
1 teelepele mint sous
Sout word eers aan die einde bygevoeg indien nodig.
Smoor die vleis, gekapte uie en knoffel in botter of kookolie.
Voeg alles behalwe die aartappels en boontjies by.
Voeg aartappel by nadat vleis so rukkie gekook het.
Voeg boontjies by sodra die aartappels amper sag is. (Ek het nie daarvan as die boontjie pappery gekook is nie.)
Proe vir sout en voeg by indien nodig.