ALTA SE HERDERSPASTEI MET ‘N KINKEL


ALTA SE HERDERSPASTEI MET ‘N KINKEL
Half kilogram van elk: bees blokkies en varkblokkies
3 uie gekap
Kwart van elke kleur bell peper fyn gesny
1 teelepel fyn knoffel
Braai als saam tot uie deurskynend is, Voeg vleis by uie mengsel, braai kook tot vleis sag is, Voeg 1 en ‘n half koppie gevriesde pitmielies en ertjies by, Kook ‘n verdere 10 min.
Maak ‘n pakkie sous aan van keuse en gooi oor vleis , skep in bak.
Ek het 8 medium aartappels gekook fyn gemaak met botter, melk, sout en vars gemaalde swart peper en 1 teelepel bakpoeier, bo- oor vleis geskep , in oond gesit van 180 ÂșC tot net begin kleur, Bedien met tuisgemaakte beetslaai en mengelslaai.
Bron en foto: Alta Gunter Van Dyk