STEFAANS SE SAPPIGE STEAK


STEFAANS SE SAPPIGE STEAK
Smelt 500 gram BOTTER
Meng dan daarin:
2 teelepels growwe swart peper
50 ml suurlemoensap, of bruin asyn
2 teelepel fyn knoffel
1 eetlepel sout
Roer tot die sout opgelos is.
Laat effens afkoel en gooi oor die steaks en laat lĂȘ dit daarin vir so uur voor dit gebraai word op warm kole, so uit die botter uit op die rooster en in die vlamme.
Gooi van die gesmelte botter oor wanneer die steaks gedraai word.
Van die Rooster af – REGUIT in die bord.
GENIET ‘n SAPPIGE en SAGTE vleisie!
Resep en foto: Stefaans BLaauw