SARINA SE OONDGEBAKTE SPEK EN ROOMBROODJIES



SARINA SE OONDGEBAKTE SPEK EN ROOMBROODJIES
1 klaar gekoopte deeg in sakkies
1 pakkie potatoe bake
250 ml room
4 kleinerige uie fyn gesny
1 pakkie spek in stukkies gesny
4 eetlepels parmesan gerasper
sout
peper
spring onion
Braai uie (ek het margarine en klapperolie gemeng)
Sit spek by (ek verkies dit nie crispy nie want moet nog in oond)
Meel oppervlak.
Bewerk deeg en gooi uie en spekmengsel by.
Rol deeg en sny ringe, pak in oond bak wat gespray is met Cook en Spray, strooi gerasperde Parmesan kaas oor
Maak die potatoe bake en room aan, ek het so klein bietjie melk by gesit anders te dik.
Giet oor die rolle.
Oond vooraf op 150 ÂșC. Bak vir so 30 min. (My oond is vinnig so tempratuur kan dalk verskil)
Resep en foto: Sarina Moretti