RONEL SE KAAS EN BULLYBEEF POFFERTJIES


RONEL SE KAAS EN BULLYBEEF POFFERTJIES
2 koppies meel
2 eiers
2 teelepel bakpoeier
½ koppie melk
1 koppie kaas
uie
sout en peper na smaak
Sif al die droë bestanddele saam.
Meng eiers met melk.
Sny uie baie fyn.
Druk bullybeef met vurk fyn.
Meng die eiermengsel met droë bestanddele. Voeg bullybeef, uie, kaas , sout en peper na smaak by. Meng goed, it is ‘n stywe beslag!
Skep lepelsvol in warm olie en bak tot gaar en mooi bruin. Geniet dit warm of koud.
Bron en foto: Ronel Blignaut