PIESANG GAATJIE POEDING-KOEK


PIESANG GAATJIE POEDING
Foto: Franco Dippenaar and the country cook
FOOD LOVERS RECIPES
1 pakkie tennis beskuitjies, fyn gedruk
2 pakkies piesang instant pudding, aangemaak met 4 koppies melk
1 pakkie vanilla koek mengsel, voorberei en gebak in ‘n 20 cm x 20 cm diep pirex bak
1 x 125 ml room, styf geklop
Laat koek ‘n paar minute afkoel in die bak en steek dan gate so 1 cm uitmekaar met die agterkant van ‘n houtlepel regoor die koek oppervlak.
Maak die poeding aan en laat 2 min rus. Giet dit stadig oor die koek sodat dit in die gate inloop en smeer dan egalig oor die koek. Bedek met die room en tennis beskuitjies. Laat oornag of paar uur in die yskas afkoel. Bedien netso of met vars piesang skywe bo-op.