PEER, PEKAN EN ROQUEFORT SLAAI

PEER, PEKAN EN ROQUEFORT SLAAI

3 ferm, ryp pere – skil, verwyder klokhuisie, sny in redelike dik skywe of wiggies. Hou in water met suurlemoen sap in tot benodig.
1 E gewone suiker – strooi suiker egalig op bodem van pan, verhit oor matige hitte tot heeltemal gesmelt, laat karameliseer tot goud in kleur. Moenie roer nie!
25 g botter – voeg by karamel, laat smelt
100 ml sherry asyn – roer by karamel en botter mengsel
Kry meeste van die water van die peer wiggies af, voeg by karamel sous en skud pan dat dit oraloor daarmee bedek is. Braai vir minuut aan beide kante (of langer as verkies). Skep uit die sous en hou eenkant.
100 g pekan (of walnut) helftes – bak vir kort rukkie in oond (pasop vir brand).
1 T neut olie plus 1 E olyf olie (oorspronklike resep sĂȘ Walnut, ek net avokado olie gebruik) – voeg by karamel sous. Roer deur en proe – voeg nog asyn by indien verkies. Sout + peper na smaak
Plaas ‘n laag rocket of ander slaai blare op platter, sprinkel oorblywende karamel slaai sous oor en versprei die peer wiggies en neute eweredig daaroor,

ROQUEFORT ROOM SOUS
150 ml double cream
100 g Roquefort (ek het Simonzola blou kaas gebruik – dis nie oorweldigend nie) – Verhit die room en verbrokkelde kaas oor medium hitte. Die kaas moet nie heeltemal smelt nie, daar moet nog redelike groot brokkies wees. Laat afkoel.
Gooi lepels vol van die room sous oor die slaai en bedien dadelik as bykos of voorgereg. Bedien 4 – 6

n die oorspronklike resep het sy die peer wiggies vir 5 minute in die sous in die oond gebak, ek verkies die pere net af van rou. Ek het die eerste keer walnuts gebruik, maar verkies pekans, die smaak is minder wild vir my.

Dit was deel van ons Kersete en het baie goeie komplimente gekry. Ek het baie meer Simonzola (amper ‘n hele wiggie) teenoor minder room gebrui

Resep: Resep baseer op die van Monica Galetti – verskaf deur Petro Borchard
Foto: Petro Borchard