PAP EN WORS MET ‘N TWIST


PAP EN WORS MET ‘N TWIST
Braai n klomp uie. Maak n redelike stywe pap wat kan bolle maak. Braai wors bruin maar nie gaar. Pak gebraaide uie onder in bàk maak pap balle met roomys skepper. Maak 250ml room àan met n pakkie beef strogenoff sous poeier. Skep nou die wors op die pap en nog uie. Gooi room mengsel oor en bak 15 min vir 180 grade C. Ek sit nog bietjie kaas bo oor.
Tanya Smith se raad:
Met die mushrooms en goed wat eers bietjie gebraai is in olie en die room wat ook olie afskei, het daar so olie lagie gedryf. Ek sal myne net volgende keer die mushrooms en goed rou oorgooi en di sous met melk aanmaak ipv room
Photo: Tanya Smith
Resep geplaas deur Sarina Moretti