MUFFIN MIX KOEK-POEDING



MUFFIN MIX KOEK-POEDING
Vanoggend was ons baie lus vir ‘n lekker warm nagereg, maar ek kry ook vanmiddag mense vir koffie en moet iets bak om te bedien saam met die koffie. So loer ek so bietjie op die blog rond en kry hierdie idee, en regtig vinniger en makliker en sommer lekkerder met min moeite is daar seker nie.
1 pakkie chocmint muffin mix
1 blikkie ideal melk
75-100ml suiker of xylitol
Bak nou die muffins mix volgens die aanwysings op die pakkie maar in ‘n glasbak ongeveer 15 x 25cm vir 20 min by 180 ºC.
Terwyl die koek bak, kook die ideal melk en suiker saam in die mikrogolf tot die suiker opgelos is. Wanneer die koek uit die oond kom, sorg dat jou melk warm is, steek die koek vol gaatjies met ‘n skerp messie of ‘n sosatie stokkie, gooi die ideal melk oor en help dat dit mooi egalis en oral intrek. Bedien warm saam met vla vir nagereg. Laat heeltemal afkoel en bedien saam met room en vars aarbeie vir heerlike klam sjokolade koek saam met koffie. Op die foto kan julle sien hoe lekker klam is die poeding/koek en as mens hom net so laat koud word en blokkies sny het jy ‘n heerlike brownie. Ek is regtig beindruk met hierdie pakkie mix.. probeer gerus en laat weet wat dink julle.
FOTO EN RESEP: Rina Kleinhans.