LELANE SE VINNIGE BAR ONE YSKASTERT

LELANE SE VINNIGE BAR ONE YSKASTERT
Bron en foto: Lelane Van Der Walt
FOOD LOVERS RECIPES
1 Liter double cream full fat plain jogurt (lae vet sal ook werk)
1 blik kondensmelk
1 pakkie romany cream double choc
3 bar one’s
2 eetlepels bruinsuiker
4 eetlepels room
2 eetlepels botter
1 lemmetjie

Krummel koekies en skep onder in mikrogolf bestandte glasbak ( nie nodig om te meng met botter nie, jogurt mengsel verhard krummels in mikrogolf),
Meng die jogurt en kondensmelk en 2 van die bar one’s gesnipper.
Meng in sap en fyngerasperde skil van die  lemmetjie.
Skep mengsel oor koekiekrummels en bak in mikrogolf vir 5 min op hoog
Laat afkoel

Maak butterscotch sousie:
Smelt saam tot die suiker gesmelt is:
2 eetlepels botter
2 eetleepels room
2 eetlepels bruinsuiker
Maak bar one sousie:
Smelt 1 bar one saam  met 2 eetlepels room.
Vat lepel en laat loop van die bar one sous oor die lepel in ‘n straaltjies heen en weer oor die afgekoelde tert, dan weer dieselfde metode met die butterscoth sousie.
Laat tert oornag in yskas om te stol.