KORTPAD VERWERKING VIR TAMATIES
Hier is my kortpad manier om oorryp tamaties sommer vinnig te verwerk sodat ek dit kan bere vir die toekoms. Ek sny die tamaties baie grof op in ‘n glas beker, dan sit ek vars kruie by waarvan ek hou, hier het ek spriet uie, garlic chives, pietersielie en roosmaryn bygesit, nou gooi ek net ‘n bietjie water by, die tamaties moet nie bedek wees nie, want dit maak self baie water. Kook dit in die mikrogolf vir so 5 min of tot alles net deur gekook is. Gooi in botteltjies en laat afkoel. (Maak seker daar is so bietjie spasie tussen die tamaties en die prop sodat dit kan uitsit wanneer dit vries)Sit ‘n etiket op van wat in die botteltjie is en dan gaan hy vrieskas toe. Hierdie gebruik jy dan in enige kos waarin jy tamaties sou sit, heerlik vir die begin van ‘n pasta sous, of enige bredie of lekker vir die sous om frikkadelle in te kook ag sommer vir alles … en so bly die tamaties behoue. Let op daar kom geen sout in nie dit kan mens insit wanner jy die tamaties gebruik. Geniet.
NOTA: Wanneer jy haastig is en nie tyd het om dit op die kas te laat ontdooi nie, draai net die prop af en sit op defrost in die mikrogolf… en voila.
RESEP EN FOTO: Rina Kleinhans.