GEROOSTERDE WAFEL TOEBROODJIE

GEROOSTERDE WAFEL TOEBROODJIE

4 gewone snytjies witbrood, gesny sodat dit op die waffle pan pas.
4 stukkies spek, nie te droog gebraai nie.
1 tamatie
ui gebraai sommer in die vetjies van die spek
moserella kaas

Broodjies dun botter gesmeer.
Twee snye met botterkant na onder op die warm waffle pan geplaas.
Spek, uie, tamatie, sout en peper en die kaas opgepak.
Ander twee snye met botter kant buite bo op.
Waffle pan toegemaak, maar nie dadelik nie. Die kontrepsie is bietjie dik.
Bietjie gewag waffle toegeknip. Bak tot mooi bruin en reg vir die bord.

Bron en Foto: Marius Prinsloo