FRANSE ROOSTERBROOD EN KARAMELPIESANG STAPEL

FRANSE ROOSTERBROOD EN KARAMELPIESANG STAPEL
Franse roosterbrood:
10 groot eiers, geklits
1/2 koppie strooisuiker
1 teelepel vanilla ekstrak
150 ml room
20 snye witbrood
olie
piesangs
botter
Karamel sous:
1 houer roomkaas
150 ml melk
1 blikkie Karamel kondensmelk
boksie vla (Ultramel)
geklopte room vir bediening
Meng eiers, room, vanilla en suiker in ‘n glasbak.
Verhit ‘n pan met bietjie olie op die stoof, doop die snye brood in die geklitsde eier en braai aan beide kante tot goudbruin. Plaas die gebraaide brood eenkant en laat afkoel.
Sny die piesangs lengtegewys in die helfte. Braai in ‘n pan met bietjie botter. Draai om en braai totdat dit gekarameliseerd en nog ferm is, plaas eenkant en laat afkoel.
Meng die roomkaas en melk tot glad, voeg die karamel kondensmelk by enklits tot ‘n gladde mengsel.
In ‘n opdienbak of oondpan, giet ‘n lagie karamelsous, pak ‘n laag van die gebraaide brood en dan ‘n laag piesangs. Herhaal die lae en eindig met piesang en dan karamelsous. Giet laastens die vla bo-oor en skud die pan ‘n bietjie om die sous goed in die gleuwe te laat sak. Plaas die bak in die yskas totdat dit lekker koud is. Bedien saam met geklopte room.
Resep en foto: Charleen Nieuwenhuizen