DOPPIES IN KOLWYNTJIE PAN


DOPPIES IN KOLWYNTJIE PAN
750 ml meel
5 ml bakpoeier
3 ml sout
250 g botter (ongesout en bly maar by botter)
2 eiers
15 ml suiker
Voorverwarmd oond 190°C.
Sif droë bestanddele saam.
Vryf botter in.
Klits eiers en suiker tot skuim
Meng droë Bestandele by eiermengsel
Meng goed tot ‘n stywe deeg, maar moenie deeg te veel hanteer dat dit warm kan word nie.
Rol uit. Nie te dun nie!
Druk met koekievorm ronde sirkel of blom uit.
Gebruik kolwyntjie panne en druk degie in pannetje.
Jy hoef pannetje nie te smeer nie.
Bak vir 8-10 min ( hang af van grote van doppies wat jy maak.)
Bron: Elzetna De Bruin