SUURLEMOENKOEK MET POPPIESAAD
Suurlemoen koek met poppie saad versier met cream cheese icing…als op die koek ook self gemaak 🌸🌸
Koek:
Sif saam
3 en half koppie koekmeel
3 t.lepels bakpoeier
Hou een kant
Klits vir 3 minute
6 eiers
2 en kwart koppie suiker
Meng meelmengsels om die beurt in met 1 en halwe kopie warm water en drie kwart koppie kook olie (eindig altyd met meel beslag)
Op die einde roer ek koppie poppie saad deur.
Bak vir 40min by 180 grade C
Cream cheese icing
Kwart blokkie botter
Hele bakkie cream cheese
3 koppies versier suiker
Klits als saam tot glad.
Versier soos wil. 🌸🌸
FOTO EN RESEP: Lee-Ann Beukes