SEAN SE LEKKER KONDENSMELK EN VLATERT


SEAN SE LEKKER KONDENSMELK EN VLA TERT
Bron en foto: Sean O’Brien
FOOD LOVERS RECIPES
Tennisbeskuitjies
1 blikkie kondensmelk
½ koppie suurlemoensap
3 ½ koppies melk
4 eetlepels vlapoeier
Suiker (ongeveer 4 eetlepels of minder… na smaak)
Meng die kondensmelk en suurlemoensap deeglik en sit in die yskas om te stol. Ek maak die gewoonlik dubbel aan.
Bring 3 koppies melk tot kookpunt.
Los die vlapoeier op in die halwe koppie melk en met suiker na smaak.
Roer in en kook stadig tot vla dik is.
Laat afkoel.
Pak laag koekies onder in ‘n tertbak (20cm x 20cm)
Smeer nou ‘n laag met van die helfte van die kondensmelk.
Dan ‘n laag met die helfte van die vla.
Pak weer ‘n laag koekies en herhaal bogenoemde.
Verkrummel so 3 koekies en strooi bo-oor. Jy kan ook vir variasie ‘n lagie geklopte room opsit voor die krummels.