RAGIELA SE DONUTS


RAGIELA SE DONUTS
1 kg bruismeel (60-70 doughnuts – afhangende hoe groot jy dit maak)
250 g margarien
2 eiers
5 ml vanieljegeursel
2 pakkies kitssuurdeeg (dis nie ‘n fout nie – dit moet 2 wees)
2 ml sout
500 ml melk
125 ml suiker
Meng meel, sout, suiker en suurdeeg saam
Smelt margarine, voeg melk by en verhit tot louwarm
Haal van stoof af en voeg geklitste eiers en vaniljegeursel by
Roer goed en voeg melkmengsel by meel.
Moenie knie nie – klap met hand. Dis ‘n sagte deeg en dit kleef aan jou hande – klap die deeg tot jou hande skoon is van deeg.
Deeg moet sag, maar hanteerbaar wees.
Maak warm toe en laat rys vir ongeveer 2 ure
Smeer werksoppervlakte met kookolie.
Sny hanteerbare deel van deeg af en druk tot ‘n langwerpige rol.
Sny in repe van ongeveer 6×3 cm. Oppas vir te groot stukke – dit rys baie groot uit in olie as gebak word.
Verhit olie in diep kastrol.
Braai repe tot goudbruin (As jou olie warm is moet jy gou speel, want anders braai jou doughnuts te donker)
Laat op dreineerpapier afkoel.
Stroop:
2,5 liter kookwater
1 kg suiker (kaneelstokkies of suurlemoen kan vir geur bygevoeg word)
Kook suiker tot opgelos is en stroop gevorm het
Verlaag hitte tot stadig en dompel doughnuts in stroop
Rol in klapper of bedien met room en konfyt
Klaar gebakte doughnuts kan bevries word en later ontdooi en gestroop word. (Ek bevries gereeld ‘n klompie as ek dit maak)
Die rol deeg lĂȘ nie tussen die groente nie! Dis die bord waarop ek gewerk het.
Bron: Jan Krielskool resepte boek
Foto: Ragiela Cloete