MARIETTE SE KARRINGMELK BESKUIT

MARIETTE SE KARRINGMELK BESKUIT

Ek het dit uitprobeer en dis maklik en HEERLIK.
2 kg bruismeel
2 x 500 ml suurmelk
2 x koppies suiker
4 eiers
500 g margarine (volvet)
4 ml sout

Smelt  die margarine.
Voeg suiker en karringmelk by.
Voeg eiers by en klits saam.
Sif bruismeel en voeg by karringmelkmengsel.
Meng goed.
Knie af (die deeg is baie sag en knie nie soos brooddeeg – “knie” met plat hand tot deeg aanmekaar kleef.
Maak bolletjies en plaas in panne
Ek het met die hoeveelheid een groot oondpan gevul en twee klein broodpannetjies.
Nadat die groot oondpan klaar gebak het, is die twee broodpannetjies oond toe.
Bak 45 minute by 180ºC.

NOTAS OOR UITDROOG IN MY KELVINATORSTOOF
Ek het ‘n tyd gelede op die blad raad gevra oor ek nie kon uitvind waar die stoof se lou-oond aangeskakel word nie.(In ander huis ingetrek en stoof nie geken). Ek weet steeds nie, want dit word nie eens warm as die oond aan is nie.
Met almal se raad het ek uiteindelik die onderste element van die oond aangeskakel en by die kontrole is daar “L” voordat die afgemete grade begin. Afgemeet in 30‘s, en begin by 110 ºC. So L moet dan 80ºC wees. (Daar is ‘n “H” na die laaste grade syfer, dus staan “L” nie vir Louoond nie.) Die 80ºC het toe goed gewerk vir die uitdroog van die beskuit. Vir die hele baksel het ek plate op die twee oondrakke gebruik en ook die oondbak op die vloer van die oond. Onthou net om nie die oondbak plat op die oondvloer te sit (soos ek aan die begin nie). Dit is dan te warm en die beskuit raak onder swart. Plaas ‘n bak onderstebo en die oondbak daarop.
Die nota is vir diegene, soos ek, wat nie so graag in die kombuis besig is nie en wat alewig moet “trial en error”!

Resep en foto verskaf: Ragiela Cloete
Resep oorsprong: Mariette van Dyk
Foto:  Kristie Townsend
😃Eerste keer wat ek beskuit bak! Karringmelk beskuit! Nie my eie resep nie maar eie foto! Ek tik gou die resep oor! Die beskuit is baie lekker crunchie!