MARIANNE SE HEERLIKE KOEKSTRUIF


MARIANNE SE HEERLIKE KOEKSTRUIF
Ek maak n awesome ene wat ek by my skoonsussie geleer het!
Tennisbeskuitjies
Treat karamel
vrugte kelkie (groot blik)
ultra-mel vla
Jellie (so 4 bokse aangemaak)
room
neute en kersies vir versiering (opsioneel)
Maak ‘toebroodjies’ met die tennisbeskuitjies en karamel.
Maak lae in ‘n bak.
tenniebeskuitjie/karamel toebroodjies, jellie (wat jy met n vurk ‘ge-smoosh het’,) vrugte, vla, herhaal tot bak vol is.
Sit styf geklitste room bo-op
Versier (of nie).
Resep: Marianne Rousseau Mare (skoonsussie se resep)