KONDENSMELK NOEDELSLAAI

kondensmelk-noedelslaai

KONDENSMELK NOEDELSLAAI
500 g skulpie noedel
30 ml sonneblomolie
12.5 ml sout
500 ml gerasperde wortels
1 ui
1 soetrissie
Aromat

Sous
1 blik kondensmelk
250 ml mayonnaise
125 ml wit asyn
125 ml olie
15 ml mostertpoeier

Kook noedels 15 minute waarby 30 ml olie en sout gevoeg is.
Voeg wortels fyngekapte ui en soetrissie, en die aromat by.

Sous
Meng al die bestanddele saam en meng liggies in die slaaimengsel.
Verkoel tot nodig.

Resep geplaas deur Adele Viljoen