ELMARIE SE HEERLIKE SOUTTERT


ELMARIE SE HEERLIKE SOUT TERT
9 snye brood (sny korsies af)
500 ml melk
1 medium grote ui (fyn opgekap)
500 g weense worsies (opgekap)
250 g bacon bits (gaargemaak en afgekoel)
60 ml margarien (gesmelt)
5 – 10 ml droë pietersielie of vars na smaak
2 koppies kaas (gerasper)
6 groot eiers (geklits)
Week die korslose brood in melk tot sag, maak dan fyn saam met melk.
Meng res van bestanddele saam met brood en melkmengsel.
Skep in ‘n voorbereide oondbak.
Bak in ‘n voorafverhitte oond teen 180°C vir so 30 – 40 min totdat toetspen skoon uitkom.
Die tert kan warm of koud bedien word.
Ps. Nie nodig om sout by te voeg nie, die worsies, spek en kaas bevat genoeg sout.
Bron: Elmarie Wood
Nota: Ek het die weense worsies uitgelaat en sampioene en groen soetrisie bygesit.
Het baie komplimente gekry. Was heerlik. Baie dankie vir die resep.
Nota en foto: Juanita Vermeulen