DIABETIESE BESSIE TRIFLE


DIABETIESE BESSIE TRIFLE
Dit is die heel eerste keer in my lewe dat ek ‘n triffle maak wat VERSLIND was
Hierdie een is sommer uit my kop uit gemaak en was verfrissend lekker
Diabetiese “Very Berry” triffle
2 pakkies Simply Delish Diabetiese Aarbei Jellie
2 pakkies van 10g elk gelatien
2 bakkies vars bloubessies
2 bakkies vars aarbeie in skyfies gesny
2 bakkies vars “gooseberries”
2 bakkies vars raspberries
3 kiwi vrugte opgesny in skyfies
2 koppies vla
250ml room styf geklits
10 volgraan Provita beskuitjies fyngemaak
150 ml selati versoetter
50 ml gesmelte botter
Neute vir versiering
Meng die botter en beskuitjies goed saam en druk op die boom van tertbak met ‘n volume van 2liter vas. Sit in die yskas tot benodig.
Was die bessies en aarbeie onder lopende water af en sit in ‘n groot bak. Strooi die Versoetter oor, meng deur en hou eenkant. Meng die jellie en gelatien goed saam. Los die mengsel nou op in 150ml warm water. Voeg 50ml koue water by en hou eenkant. Pak Kiwivrug-skyfies in die rondte van die tertbak. Strooi die bessies oor die tertkors. Gooi die gelatien en jelliemengsel oor die bessies. Sit in die yskas tot gestol. (Verkieslik oornag)
Bedek die vrugte met vla, strooi neute oor sit terug in die yskas tot benodig. Klop room styf en bedien apart.
Geniet
FOTO EN RESEP: Wilma Josey Venter
All people with any type of diabetes who wish to use our recipes, should do so in consultation with their diabetes healthcare team. If you have diabetes it is important to know your risk factors.
Persone met enige tipe diabetes wat ons resepte wil gebruik, moet dit in oorleg met hul diabetes-gesondheidsorgspan doen. As jy diabetes het, is dit belangrik om jou risikofaktore te ken.