CECIL SE SPAGHETTI FRIKKADELLE


CECIL SE SPAGHETTI FRIKKADELLE
Frikkadelle
500 gr maalvleis
1 teelepel gekapte knoffel
1 eier
2 eetlepels broodkrummels
Knippie sout
1 teelepel gemengde speserye
Kook in pasta tamatiesous
Spaghetti
1 koppie koekmeel
1 eier
Knippie sout
Paar druppels water
Meng en laat staan vir 30min.
Maak spaghetti met die pastamaker.
Kook spaghetti tot gaar.
Maak die frikkadelle deur al die bestanddele buiten die kook-in sous te meng, vorm frikkadelle en kook op die stoof in die kook-in sous tot gaar.
Skep van die spahetti op die bord en skep die frikkadelle met sous bo-op.
Bedien met formaggio kaas en gouda kaas.
Bron en Foto: Cecil Dunhin