SONJA SE LEKKER KERRIE SOSATIE-SOUS

sonja-se-lekker-kerrie-sosatie-soustested
SONJA SE LEKKER KERRIE SOSATIE-SOUS
uie sny in ringe
2 eetlepels kerriepoeier
1 eetlepel borrie
4 eetlepels suiker
2 eetlepels Maizena
2 koppies asyn
2 koppies water
1 koppie blatjang
1 koppie appelkooskonfyt

MAAK SO:
Braai die uie, voeg kerrie, borrie, suiker en asyn by, Meng die Maizena en water. Voeg by mengsel en bly verhit en sodra begin borrel voeg blatjang en appelkooskonfyt by. Kook deur en sit af. Gooi oor jou vleis en roer elke dag om. Die lekkerste is as jy dit sewe dae laat marineer.

BRON EN FOTO: Sonja Müller De Wit