ROMERIGE HOENDER – FETA – EN – SAMPIOENPASTA

Hoendertested

ROMERIGE HOENDER – FETA – EN – SAMPIOENPASTA
1 ui , gekap
250 g sampioene , in skyfies gesny
Sonneblom olie
1x60g pakkie wit uiesoppoeier
500 ml melk , of melk en room gemeng
250 ml gerasperde cheddarkaas
10 ml aangemaakte mostard
500 g gaar hoender , in stukke gesny
100 ml fetakaasblokkies
Sout en swartpeper na smaak
140 g skulpnoedels ( ek het meer pasta gebruik )
Braai die ui en sampioene . Roer die sop poeier in en roer die melk of room geleidelik by . Hou aan roer tot sous verdik het . Voeg die res van die bestanddele , behalwe die noedels , by en prut tot warm .
Kook intussen die noedels in soutwater tot sag , maar nie pap nie . Dreineer en voeg dit by die vleismengsel .
Skep dit in n opdienbak en bedien dit met slaai .

Foto: Petro van Genderen