RIO SE HEERLIKE HOENDER EN GROENTE MET PARMASAN AARTAPPELS



RIO SE HEERLIKE HOENDER EN GROENTE MET PARMASAN AARTAPPELS
Dit is nie my eie resepte nie.. die kool is n absolute wenner! en is low carb.. aartappels is baie lekker, sal dit def weer maak! Hoender,net so lekker mmm
AARTAPPELS
Maak botter warm, plaas in glas/oond bak.. (genoeg sodat die bodem van jou bak toe is), sprinkel Parmesan oor die gesmelte botte(lekker baie) en knoffel sout.
Was aartappels, sny in helfte, sit in bak bo-op die kaas en bak 40-45 min.
Ek het so halfpad deur die tyd dit uitgehaal en gedraai, weer biedjie Parmesan oor die aartappel gestrooi, terug gedraai en verder gebak. Na dit klaar gebak het, laat staan vir 5 min voor opdiening.
KOOLGEREG
Plaas die volgende in ‘n kastrol:
1 kg kool, sny op in repe
1 gesnyde ui
vars knoffel
1¼ koppie (heavy whip) room
1/3 koppie suurroom
30 g roomkaas
Kook vir so 10 min. en skep uit.
Ek het helfte in glas oond bak gesit, toe aspersies en spinasie bo op gesit, toe die ander helte bo-oor geskep. Die spinasie en aspersies is nie ‘n moet nie, strooi gerasperde kaas oor en bak vir 20 min op 200ºC.
Hoender – spesery die hoender, (sout/peper/knoffelpoeier), en braai in ‘n pan tot gaar.
Sous:
1/3 koppie heuning
¼ koppie mosterd
2 eetlepels water
1 eetlepel soya sous
Meng en giet oor die hoender.. Braai dit op hoër hitte as wat jy jou hoender gaar gemaak het.
Lekker eet.. laat weet wat julle dink.
Resepte en foto: Rio Canovi Brand