RIN SE VANILLA KOLWYNTJIES

rinvanillakolwyntjiestested
RIN SE VANILLA KOLWYNTJIES
Maak ongeveer 20-24 cupcakes

3 eiers (geskei-klits witte styf)
62.5 ml  olie
125 ml koppie water
1 teelepel Vanielje geursel
187.5 ml suiker
2 teelepels bakpoeier
knippie sout
250 ml koekmeel

Klits als saam selfs die eiergele moet bygevoeg word…alles behalwe eierwitte wat styf geklits is.
Vou Eierwitte in met ‘n metaal lepel indien moontlik
Skep in kolwyntjie pannetjies met papiertjies en bak vir 15min by 180’C.

Resep en foto verskaf: Suenelle Liebenberg
2de foto:  Marietjie Nel and Petro van Genderen

3DE foto: Wilma Batt
Ek het dit gebak vanoggend. Die lekkerste klam cupcakes. Kon so 17 uitkry. Hier is foto van my poging. Nie so goed met versier nie maar dit smaak hemels. Het dit vir my GP gaan gee wat so die ekstra myl vir my stap